STILBAAI NUUS - Blykbaar bestaan daar verwarring oor die persoon wat in hegtenis geneem is vir vermoedelike dwelmhandel.
Soos deur Suid-Kaap Forum berig in Donderdag 28 Februarie se uitgawe, is Evert Kleinhans van Stilbaai onlangs in hegtenis geneem en bly in aanhouding tot 8 Maart, wanneer sy formele borgaansoek voorkom.
Kleinhans behoort vanjaar 35 jaar oud te wees. Volgens inligting het hy op sy ouers se plaas buite dié dorp gewoon.
Evert Kleinhans.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'