HEIDELBERG NUUS - Die saak teen 'n jong egpaar wat daarvan aangekla is dat hulle diefstal gepleeg het deur 'n middeljarige man se geld uit sy bankrekening sonder sy toestemming te onttrek, is tot Dinsdag 8 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel.
Volgens inligting beskikbaar het die 56-jarige man sy bankkaart vir veilige bewaring aan die egpaar toevertrou, maar daar is na bewering sowat R8 000 uit sy rekening onttrek.
Die geld is as 'n uitbetaling vanaf die Werkloosheidsversekeringsfonds aan die klaer uitbetaal.
Die twee het Dinsdag 11 Julie vlugtig in die hof verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’