Update
ALBERTINIA NUUS - Hannetjie en Whitey Bosch van Albertinia het op 12 November hulle 50ste huweliksherdenking gevier.
Hierdie pragtige egpaar het op 'n jong ouderdom getrou. Hannetjie het Whitey in die somer in KwaZulu-Natal ontmoet. Hulle woon reeds 20 jaar op Albertinia.
"My bynaam vir Whitey is Ou-bokka, maar daar is baie byname wat ons mekaar noem," sê Hannetjie skertsend.
"Dit hang af in in watter bui Hannetjie is," lag Whitey hardop.
Volgens hulle gaan elke huwelik deur donker dieptes, maar wat hulle aan mekaar laat vashou het, is hoofsaaklik liefde. Toe daar gevra word wat die groot geheim is om so lank getroud te bly, het albei geantwoord liefde, vergifnis, hoop en baie geduld met mekaar.
Toe hulle pas getroud was, kon hulle met slegs R1.20 tot in Johannesburg ry met die brandstofprys, maar die salaris was ook maar skraps.
"Ek het op die Spoorweë as 'n dieselwerktuigkundige gewerk en daai tyd maar R120 'n maand verdien. Glo dit of nie, ons kon daarmee uitkom." vertel Whitey.
Die egpaar se tydverdryf daardie tyd was hengel.
Hulle het twee dogters, Rieka en Landi, asook vier kleinkinders, Etiene, Daniella, Sophia en Lukas.
"As dit die Here se wil is, haal ons sommer gou ons 60ste huweliksherdenking."
Vorige artikel: Egpaar herdenk 50 jaar
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'