RIVERSDAL NUUS - Dit is nie die eerste keer dat die tamatieoes by Huis Wallace Anderson groter as groot vleestamaties oplewer nie.
Die tehuis vir gestremde persone plant nie net 'n groot verskeidenheid groente vir eie gebruik nie, maar verkoop ook daarvan.
Die groente wissel van mielies, wortels, patats, boontjies, tamaties en vele meer.
Volgens Tinus Duvenhage, een van die inwoners wat by die groentetuin betrokke is, het hulle die tamaties September geplant.
"'n Yslike groot vleestamatie het tussen die ander, waarvan daar 'n hele paar redelik grotes was, sy verskyning gemaak," vertel hy.
Dié een het die skaal op 940 gram getrek, 'n hele paar gram meer as 'n vorige keer toe hulle 'n tamatie geoes het wat 810 gram geweeg het.
Hulle gebruik slegs kraalmis en hoofsaaklik reënwater wat in die tenks op die perseel opgegaar word.
Die tamaties word wel teen roes gespuit, maar geen onkruiddoders word gebruik nie.
Chappy Michaels is die man wat sorg dat die saad gesaai, natgemaak en versorg word.
ARTIKEL & FOTO: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'