RIVERSDAL NUUS - ’n Man is vanmiddag, Donderdag 17 Januarie dood nadat die trekker waarop hy gery het omgeslaan het.
Die ongeluk het ongeveer 12:45 by Spitskop gebeur.
Dit blyk of hy oor ’n wal gery het waarna die trekker omgeslaan en bo-oor hom gerol het.
Sy familie is nog nie almal in kennis gestel nie, daarom word sy naam nie bekend gemaak nie.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'