HESSEQUA NUUS - “Die geveg teen misdaad sal nie hier stop nie.
"Dag Zero het aangebreek vir bendes wat hulle binne die Hessequa-grense kom tuismaak en verryk het deur armes uit te buit en dwelmverslawing te promofeer.”
Dit is die woorde van sers. JM Spangenberg, wat drie mans van onderskeidelik 20, 25 en 32 jaar gearessteer het en direk verbind word by die verkoop van tik met ’n totale straatwaarde van R1 000.
Een van dié verdagtes staan tereg op onder andere aanklag van handeldryf in ongelisensieerde vuurwapens.
Hierdie deeglike ondersoek het ook ontbloot dat minderjariges as ‘muile’ aangewend word om hierdie dwelms gedurende werksure te stoor, verpak en te verkoop.
Konstabel Christiaan Zwiegelaar in aksie tydens ’n soektog.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'