Update
HESSEQUA NUUS - Die bestuurder van 'n vragmotor wat op die N2 tussen Heidelberg en Riversdal die pad verlaat en omgeslaan het, het gelukkig geen beserings opgedoen nie.
Dit is volgens adjudant-offisier Alroy Windvogel, Heidelberg-polisie se kommunikasiebeampte.
Die inhoud van die vragmotor van Checkers was blykbaar ook nie beskadig nie.
Die voorval het Dinsdag om ongeveer 07:15, sowat 10km buite Heidelberg, rigting Riversdal gebeur.
Die omstandighede is nog nie bekend nie.
Vorige artikel: Geluk by die ongeluk
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'