Gallery Update
RIVERSDAL NUUS - 'n Inwoner van Riversdal wat 'n passie vir ouer mense het, Betsie van Noordwyk, het na 'n onlangse besoek aan Jan Lange-tehuis tot die besef gekom dat Covid-19 ook sy merk hier gelaat het.
"Die inwoners is honger om saam te kuier en om oor meer alledaagse dinge te gesels na die lang Covid-isolasie," het sy gesê.
Die geleentheid is deur pastoor Francois Barnard van die AGS kerk geopen en hy het 'n bemoedigende boodskap oorgedra. Barnard, Anna-Marie Geldenhuys, Eunene Scholtz, Johan en Maryna Oosthuizen, het ook vir hulle liedjies gesing.
Fotogalery: Droom-inwoners word bederf
Die inwoners is deur Betsie en haar span met heerlike eetgoed bedien, wat deur meer as 72 Riversdallers geskenk is. Die bestuur van Droom het Van Noordwyk en almal wat so hard gewerk het om van die geleentheid 'n sukses te maak, bedank.
Die tafels het behoorlik onder die eetgoed gekreun.
Pastoor Francois Barnard en Eunene Scholtz met 'n sangitem.
Vorige artikel: Droom-inwoners kry groot bederf
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'