Gallery
HESSEQUA NUUS - Elkeen wat aan Riversdal se eerste DROOM-mylbyeenkoms deelgeneem het, was 'n wenner. Of jy dit nou voluit gehardloop het, gestap of in 'n rolstoel voltooi het, jou fisieke deelname is wat op die ou einde getel het.
Sonder deelnemers of ondersteuning kan geen gebeurtenis van die grond af kom nie en in statuur groei nie. Dis tog soos die Olimpiese Spele destyds, lank gelede, begin het.
FOTOGALERY: Riversdal se eerste DROOM-mylbyeenkoms
Van 'n klein begin het dit gegroei tot die grootste sportskouspel in die wêreld: vinniger, verder, hoër.
En dis die groot droom vir Riversdal se DROOM-myl.
Hugo Redelinghuys van Suid-Kaap Forum was by die 'prysuitdeling' om die wenners in die onderskeie afdelings af te neem. En om 'n paar gesigte op kamera vas te vang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’