Die kompetisie, onder inisiatief van die Direktoraat Verkeersveiligheid (DV) word jaarliks aangebied in samewerking met die Hessequa verkeersdepartement, asook die SWD Transport academy.
Hierdie jaar is 13 inskrywings ontvang vanuit Hessequa en Kannaland. Deelnemers moes voldoen aan teoretiese toetse, voorrit-inspeksie, asook baan- en padtoetse. Deon Grobelaar van Parmalat in Ladismith was in die tweede plek en Michael Hoogbaard, ook van Hessequa munisipaliteit in die derde plek.
Me. Dawn Truter van die DV het haar dank uitgespreek teenoor die verkeersafdeling en die munisipaliteit vir die geleentheid om verkeersveiligheid te bevorder en hoop hul goeie werksverhouding duur voort in die toekoms.
Doel van kompetisie
Die doel van die kompetisie is om drywers bewus te maak van verkeersveiligheid en slytasie op voertuie. Die bevordering van bestuursopleiding en opvoeding sal bydra tot bestuurders se kennis van voertuiginstandhouding en drywers in staat stel om hul bestuursvernuf te verbeter.
Thomas Julies, die 2013 'Drywer van die Jaar'-wenner saam met van links mnr. Chris Onrust (departement maatskaplike dienste, Hessequa), rdl. Emor Nel (uitvoerende burgemeester, Hessequa), mnr. Adneshell Voss (verkeershoof, Hessequa verkeer) en mnr. Morné Dyason.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'