Update
HEIDELBERG NUUS - Ná net meer as twee jaar nadat 'n bejaarde inwoner van Slangrivier sy oog verloor het na hy en sy gesin na bewering deur vyf persone aangerand is, is drie van die vyf skuldig bevind en straf opgelê.
Die drie, Deorin Hoogbaard (34), sy pa, Desmond Hoogbaard (59) en Godfrey Hoogbaard (33), is onlangs skuldig bevind op verskeie aanklagte waaronder aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Die aanklagte teen die ander twee, Gertuan Hoogbaard (43) en Memicka van Niekerk (33), wat aanvanklik saam met die drie aangekla is, is vroeër teen hulle teruggetrek.
Die twee neefs, Deorin en Godfrey, is beide 18 maande gevangenisstraf opgelê, terwyl Desmond, tronkstraf van 12 maande, opgeskort vir drie jaar, is. Hy moet ook R5 000 as vergoeding aan die slagoffer, Eric Pieters (66), betaal.
Die skuldiges het glo vir Pieters buite sy huis aangerand en groot skade aan die huis aangerig.
Pieters is vermoedelik deur 'n groot klip of baksteen op die oog getref toe die groep hom aangeval het. Sy oog is na 'n noodoperasie verwyder.
Dié voorval het Saterdag 6 Februarie 2021 plaasgevind.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’