STILBAAI NUUS - Die deelnemers aan die onlangse 5 km Agterplaasdraffie het bewys draf lewer resultate op meer as een gebied.
Tydens dié geleentheid, wat deur die organiseerders van die Kasselshoop Farm Run gereël is, het 116 deelnemers elk 'n afstand van 5 km in hul agterplase gedraf om geld vir die plaaslike tak van Badisa in te samel.
Deelnemers het volgens die organiseerders nie net uit Hessequa en die wyer Suid-Kaap gekom nie, maar vanoor die land en selfs van oorsee.
Cornelia Giliomee van Badisa sê hulle is baie dankbaar vir die R8 000 wat so ingesamel is. Die geld sal meestal in die organisasie se voedingsprojekte in Stilbaai en Melkhoutfontein aangewend word.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'