Gallery
SLANGRIVIER NUUSFLITS - Inwoners het Vrydag 18 Mei ’n dankseggingsdiens in die plaaslike gemeenskapsaal gehou om die dorp se 180ste bestaansjaar te vier.
Die ‘Awareness Action Group’ onder leiding van Samuel Fortuin, voorsitter, het die inisiatief geneem om veral die jeugdiges bewus te maak van hul herkoms en kultuur.
Lede van die plaaslike River Valley senior burgerklub, asook 20 leerders van Slangrivier Primêre skool en kleuters van Groenie die Drakie kleuterskool het die verrigtinge bygewoon.
Die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles het tydens sy toespraak gesê dat hulle nie hul herkoms moet vergeet nie. Volgens hom is dit belangrik om weer die kultuur te kweek van ‘jou kind is my kind’.
Grant Riddles (middel) staan saam met van die rolspelers wat die dankseggingsdiens bygewoon het. Agter, van links is Zelda Pieters, Maryka Hoogbaard, Samuel Fortuin, Elsie Hendricks, Sadie Botha en Desiree Jansen. Voor: Hester Hoogbaard, Elizabeth Hopp, Fransolien Esau en Denodien Rossouw.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'