Gallery
ALBERTINIA NUUS - Inwoners van Albertinia Versorgingsdienste is Woensdag, 23 September met 'n uitstappie bederf.
"Ons het besluit om die inwoners na 'n openbare plek te neem, omdat hulle tydens ons vorige uitstappies nie uit die voertuie mag geklim het nie," het die bestuurder, Heleen van den Heever gesê.
Die pad na die Fluisterboom op Voëlroepersfontein in die dorp, asook na 'n kwekery waar donkies gevoer is, is met looprame en rolstoele aangepak.
Fotogalery: Albertinia Versorgingsdienste geniet uitstappie
Die senior burgers wat nie kans gesien het om van die tehuis terug te stap nie, is met 'n bussie teruggeneem. Inwoners het die dag met ‘n glimlag afgesluit.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'