STILBAAI NUUS - Lede van die Suid-Kaap 'Donkies', oudstudente van die Wellington-sendinginstituut wat ná die laaste groep van 1953 toegemaak het, het hul jaarlikse reünie vanjaar in die kusdorp gehou en het Woensdag 18 April by Huis Stilbaai vergader.
Die groep van 42 het weduwees en kinders van ontslape lede ingesluit, met die besoekers wat van sover as die Kaap en Port Elizabeth, asook Stellenbosch, Bloemfontein, George en Oudtshoorn gekom het.
Vier van die lede is op Stilbaai woonagtig: Davis Booker, Wessel Bester, Hennie van Niekerk en Sam Buckle. Op die ouderdom van 96 is Buckle die oudste lewende 'Donkie' in die land, terwyl hy en sy vrou, Anna reeds 67 jaar getroud is.
Die naam 'Donkies' het ontstaan na aanleiding van dat diegene wat hier studeer het en Jesus se naam in Afrika sal uitdra soos Hy met Sy intog in Jerusalem op die rug van 'n donkie gedoen het.
Stilbaai se Cantabile-koor het 'n paar liedere vir die groep gesing, terwyl die eerste en enigste boek wat ooit oor die 'Donkies' gepubliseer sal wees, ook hier bekendgestel is.
Die groep van 42 het weduwees en kinders van ontslape lede ingesluit, met die besoekers wat van sover as die Kaap en Port Elizabeth, asook Stellenbosch, Bloemfontein, George en Oudtshoorn gekom het.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'