RIVERSDAL NUUS - Riversdallers moet onthou om Donderdag, 5 Augustus bloed te gaan skenk.
Hul bydrae kan die verskil tussen lewe en dood vir ‘n ander persoon beteken.
Volgens Arlecia November van die Wes-Kaap Bloeddiens het hulle veral ‘n groot tekort in die O-bloedgroep.
Die kliniek word by die Thusong-sentrum vanaf 14:00 tot 18:30 aangebied.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'