Gallery Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Hessequa Domino Vereniging (HDV) het Sondag 3 Maart sy 10de herdenking met ‘n streekstoernooi gevier.
Naas Hessequa wat die gasheer was, het spanne van Eden, Langeberg en Boland ook deelgeneem. Hessequa het met die louere weggestap.
Volgens Freek Adams, voorsitter van die klub, is domino’s ‘n gewilde tydverdryf vir volwassenes en die jeug. “Dit is gesonde vermaak wat die ouer mense uit die moeilikheid en die jeug van die strate af hou.”
Kyk 'n video hieronder:
Hessequa Domino Vereniging se span het Sondag die klub se 10de herdenkingstoernooi gewen. Foto: Tisha Steyn
Daniel Gelderblom van Slangrivier bly gefokus op die spel. Foto: San-Marié Cronjé
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'