HEIDELBERG NUUS - Jo-Ann Plaatjies van Heidelberg is angstig op soek na haar ma, Andelize Davids (33), meer bekend as Niesie. Sy was ’n nooi Plaatjies.
Volgens Jo-Ann het sy nog Oktober verlede jaar kontak met haar ma gehad voor laasgenoemde uit die dorp is, op soek na werk.
Andelize bevind haar glo iewers op ’n plaas in die Montague, Ashton-distrik. Sy benodig haar ma om haar geboortesertifikaat by Andelize te kry, asook om aansoek te doen vir haar 11 maandoue baba se geboortesertifikaat.
“Ek is werkloos en wil vir 'n kindertoelaag aansoek doen sodat ek beter vir my kind kan sorg,” sê sy hartseer.
Enigiemand wat weet waar Andelize haar bevind, kan Johnique Smith (071 333 4564) of Clive Pretorius (073 332 8992) skakel, of 'n e-pos rig aan pretoriusclive@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.