Adams, 'n boorling van die dorp het die projek in samewerking met KOG oor die hele Hessequa-streek aangebied.
Volgens hom, oudonderwyser en tans opvoedkundige sielkundige, is baie van die probleme waarmee ouers, leerders, asook die skole vandag te kampe het, die afwesigheid van dissipline by die huis.
Hy is vol vetroue dat met die implementering van "outydse" beginsels en dissipline by skole weer reggestel kan word.
Die groepsessie is onlangs by De Waalville Primêr gehou waar die groep die aanbieding bygewoon het.

Die KOG groep wat deel uitgemaak het van die projek. In die middel agter staan Tom Pretorius (KOG voorsitter) en Quinton Adams staan tweede van links agter.
ARTIKEL EN FOTO: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'