Die verrigtinge het op Wolwekraal plaasgevind en geen moeite is ontsien om die lede te bederf nie. Elke dame het ’n pragtige skouerruikertjie ontvang, wat lente voorstel ten spyte van die koue dag.
’n Gedig is voorgelees waarin lente as ’n metafoor gebruik word om seisoene in ’n persoon se lewe aan te dui, waarna die lede gevra is dat elkeen moet vertel hoe hulle as kinders Lentedag gevier het.