HESSEQUA NUUS - Motoriste wat dié tyd van die jaar tussen Riversdal en Mosselbaai reis moet uiters versigtig bestuur met die digte mis wat rytoestande bemoeilik.
Daar is steeds ander padgebruikers wat kanse neem en sonder ligte ry en padverkeer op sperstrepe verbysteek.
As jy in digte mis bestuur moet jy die volgende doen:
- Verminder spoed.
- Skakel hoofligte aan.
- Skakel misligte aan.
- Skakel ook jou noodligte (hazards) aan.
- Behou ‘n veilige volgafstand.
Dis belangrik dat motors duidelik sigbaar is en dat bestuurders aankomende verkeer kan sien.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'