RIVERSDAL NUUS - Die gemeenskap moet op hul passoppens wees vir mense wat hul selfone se PIN op 'n slinkse manier bekom.
"Persone wat hulle voordoen as verteenwoordigers van Vodacom keer mense by groot winkels voor en bied vir hulle 'n 5 gig-opgradering vir hul selfone aan," verduidelik konst. Venia Daries, polisiewoordvoerder. Wanneer die eienaar sy selfoon oorhandig, verwyder die skelm die battery en simkaart, skryf die PIN neer en sê die eienaar moet die foon vir die volgende twee uur afgeskakel hou.
In dié tyd word geld deur middel van die cash send-funksie na 'n onbekende ontvanger gestuur.
"Mense het al hul hele salaris so verloor, want wanneer hulle twee uur later die foon aanskakel, is die diefstal reeds gepleeg. Dit is baie moeilik om die skelms vas te trek, want ons weet nie waarheen hulle die geld stuur nie."
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'