STILBAAI NUUSFLITS - Still Bay Animal Protection (SBAP) het saam met die plaaslike biblioteek honde se naels vir Mandela Dag geknip.
Volgens Elmarie Venter kry hulle geen befondsing van die staat of enige ander instansie nie en die komitee bestaan almal uit vrywilligers. Venter noem dat die komitee hondebeddens, leibande, asook veiligheidsgordels vir honde verkoop het, ten bate van SBAP.
"'n Veiligheidsgordel vir 'n hond help dat hy nie die bestuurder se aandag aftrek, of selfs probeer om by die venster uit te spring nie. Die gordel haak in die motor se veiligheidsgordel en word dan ook benut as 'n leiband," verduidelik sy.
"Die missie van SBAP is om enige dier in nood te help. Ons hou straatverkopings om ons fondse aan te vul, so indien enigiemand skenkings het, kom ons dit met graagte haal. Ons het linne, klere, skoene, elektriese ware, kombuisitems en allerlei om te verkoop."
Om produkte aan te koop of om skenkings te maak, skakel 073 190 9953 of 082 374 7754.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'