Lede van die gemeenskap herken al die hulpvaardige stemme van die Hessequa Munisipaliteit se telefoniste, maar kan nie altyd 'n prentjie by die stem plaas nie.
Hessequa wil graag erkenning gee aan hierdie dames vir hul harde werk en goeie gesindheid. Eerste indrukke is altyd blywend en kan 'n groot impak op 'n lid van die gemeenskap se houding laat.
Hessequa maak staat op hul telefoniste om versoeke van die gemeenskap so spoedig moontlik te kanaliseer en deur te skakel na die korrekte department of persoon.
'n Telefonis se werk is nie altyd maklik nie, van telefoonlyne wat gelyktydig lui tot lede van die publiek wat navrae rig.
Die munisipaliteit vra die gemeenskap se geduld as 'n telefoonlyn beset is en u nie dadelik deurgeskakel kan word nie. Alle pogings word deur die telefoniste aangewend om u so spoedig moontlik te help.
Hessequa Munisipaliteit se telefoniste is van links Louisa Fielies, Christine Pawuli, Michelle Adams en Matilda Plaatjies - nou kan die gemeenskap darem 'n gesig by die stem plaas waarmee hul gesels.