RIVERSDAL NUUS - Twee Kersdagbabas het die afgelope feestyd hul verskyning in die plaaslike hospitaal gemaak.
Brumilda Keäser het haar seuntjie om 03:40 op Kersoggend verwelkom.
Die baba op wie se naam nog nie besluit was nie het 2,4 kg geweeg. Later die dag is Isazhaaney-Lee Adams om 10:30 gebore. Sy het 2,5 kg geweeg, sê haar ma Elzaan Adams van Vetterivierrylaan in Riversdal.
Volgens die Wes-Kaap departement van gesondheid het 91 babas op 25 Desember in die provinsie aangekom. Die meeste nuwelinge is by die New Somerset-hospitaal aangemeld.
Nuwejaarsdag was met 149 babas heelwat besiger in die provinsie. Die eerste geboorte was 'n seuntjie van 3,3 kg wat presies om middernag in die Mowbray-kraamhospitaal die lewenslig aanskou het. Dié hospitaal het uiteindelik 23 ander babas aangemeld, met Tygerberg-hospitaal tweede met 21 geboortes.
Elzaan en klein Isazhaaney-Lee Adams. Foto: Tisha Steyn
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'