STILBAAI NUUS - Stilbaai-toerismeburo is ‘n nie-regeringssorganisasie wat sedert 1993 sorg dat dié kusdorp en omgewing so goed as moontlik bemark word en regdeur die jaar meer besoekers sal kry.
Die buro is aan die onderpunt van Langenhovenstraat by Palinggat in 'n historiese ou plaasopstal, wat dateer uit 1814 geleë.
Dit huisves ook die Blombos-argeologiese museum, bewaringstrust uitstalling en die kontreiwinkel, waar plaaslike entrepeneurs uit die streek hulle produkte bemark.
Die toerismeburo en museumgedeelte is Maandae tot Vrydae vanaf 08:30 tot 17:00 oop en Saterdae vanaf 08:30 tot 12:30.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'