STILBAAI NUUS - Gemeenskapspolisiërings-forums (GPF) is van onskatbare waarde as die polisie se oë en ore.
Daarmee nooi die Stilbaai-tak alle belangstellendes uit om hul kwartaalvergadering op 17 Oktober om 19:00 in die Jongensfontein NG-kerksaal by te woon.
Volgens Rhoana Vrey het dié tak heelwat in die afgelope jaar gegroei. Die verskillende buurtwagte, die Sub Forum (landelike gebiede), skole, kerke, sportorganisasies, Stilbaai-sakekamer, die toerismeburo, Badisa, Ouma Lena se Huis, AfriForum en Kansa is maar enkele van die organisasie se lede.
Die hoofdoel van die GPF is om misdaad op Stilbaai, Melkhoutfontein, Jongensfontein en die omliggende landelike gebiede te voorkom.
Stilbaai-GPF se nuwe bestuur vir die volgende vyf jaar sal op 4 November tydens die algemene jaarvergadering verkies word. Dié vergadering sal om 19:00 in die dorp se gemeenskapsaal gehou word.
Stilbaai GPF nooi alle belangstellendes uit om hul kwartaalvergadering op 17 Oktober om 19:00 in die Jongensfontein NG-kerksaal by te woon.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'