Update
ALBERTINIA NUUS - Vanaf 1975 tot 1980 het Oosthuizen weer aan die departement van waterwese aanhoudend geskryf en gevra of, weens die droogte, water uit ander bronne, soos die Gamkaspoortdam na die plase gepomp kon word.
Louw het uiteindelik die versoek afgekeur met die 'verskoning' dat die Gamkapoortdam slegs 42% vol is en dat baie water verlore sal gaan in die transmissie, oor 160 kilometer daarvan. In die tydperk van die oorspronklike vertoë om 'n dam te bou - in 1964 - tot die finale vertoë in 1980 is bouwerk aan 64 damme, of opgaargeriewe, in Suid-Afrika voltooi soos volg:
1964 - (1): Nwnendidam in Mussina, Limpopo
1965 - (4): Hluhluwedam in Hluhluwe, KZN; Klerkskraaldam in Ventersdorp, Noordwes; Stompdrifdam in De Rust, Wes-Kaap en Midmardam in Howick, KZN
1966 - (3): Jerichodam in Amsterdam, Mpumalanga; Korentepoortdam in Krantzkloog, Wes-Kaap en Nahoondam in Oos Londen, Oos-Kaap
1967 - (1): Buffelsjagdam in Swellendam, Wes-Kaap.
1968 - (5): Glen Alpinedam in Mokopane, Limpopo; Lubisidam in Qamata, Oos-Kaap, Pietersfonteindam in Montagu, Wes-Kaap; Sol Plaatjedam (Saulspoortdam) in Bethlehem, Vrystaat en Westoedam in Amsterdam, Mpumalanga
1969 - (6): Bridledriftdam in Alice, Oos-Kaap; Elandskuildam in Noordwes; Gamkaspoortdam in Prins Albert, Wes-Kaap; Katrivierdam in Seymour, Oos-Kaap, Kougadam (Paul Sauerdam) in Patensie, Oos-Kaap en Oudebaaskraaldam in Ceres, Wes-Kaap
1970 - (3): Bloemhofdam in Bloemhof, Vrystaat; Klipvoordam in Brits, Noordwes en Krugersdriftdam in Bloemfontein, Vrystaat
1971 - (8): Da Gamadam in Witrivier, Mpumalanga; Doringriverdam in Indwe, Oos-Kaap; Gariepdam (Hendrik Verwoerddam in Norvalspont, Vrystaat; Gubudam in Stutterheim, Oos-Kaap; Phippididdam in Thoyouandu, Limpopo; Voëlvleidam in Gouda, Wes-Kaap; Vygeboomdam in Badplaas, Mpumalanga en Witbankdam in Witbank, Mpumalanga
Die liggingskaart van die Weyersrivierdam.
1972 - (1): Xilinxadam in Idutywa, Oos-Kaap
1973 - (4): Driel Barragedam in Bergville, KZN; Pongolapoortdam in Jozini, KZN; Spioenkopdam in Bergville, KZN en Welbedachtdam in Wepener, Vrystaat
1974 - (4): Blyderivierpoortdam in Hoedspruit, Mpumalanga; Lakenvalleidam in Ceres, Wes-Kaap; Spitskopdam in Schmidtsdrift, Noord-Kaap en Xonxadam in Queenstown, Oos-Kaap
1975 - (3): Engelharddam in Letabakamp (Kruger Wildtuin), Limpopo; Kwaggaskloofdam in Worcester, Wes-Kaap en Ncorodam in Tsomo, Oos-Kaap
1976 - (5): Albert Fallsdam in Pietermaritzburg, KZN; Bloemhoekdam in Kroonstad, Vrystaat; Elandskloofdam in Villiersdorp, Wes-Kaap, Madikwedam in Madikwe, Noordwes en Nsamidam in Giyani, Limpopo
1977 - (8): Douglas Weirdam in Douglas, Noord-Kaap; Eikenhofdam in Grabouw, Wes-Kaap; Hazelmeredam in Hazelmere, KZN; Misverstanddam in Porterville, Wes-Kaap; Mthathadam in Mthatha, Oos-Kaap; Steenbrasdam (upper) in Gordonsbaai, Wes-Kaap; Tzaneendam (Fanie Bothadam) in Tzaneen, Limpopo en die Van de Kloofdam (PK le Rouxdam) in Petrusville, Vrystaat
1978 - (4): Middelburgdam in Middelburg, Mpumalanga; Morgenstorddam in Amsterdam, Mpumalanga; Theewaterskloofdam in Villiersdorp, Wes-Kaap en Tsojanadam in Cofimvaba, Oos-Kaap
1979 - (1): Driekloofdam in Harrismith, KZN
1980 - (3): Disenangdam in Mmabatho, Noordwes; Mokolodam (Hans Strijdomdam) in Lephalale, Limpopo en Sterkfonteindam in Harrismith, Vrystaat.
Die plan van die dam.
Waterwese en dambouers was inderdaad baie besig in hierdie tydperk. Sedert 1980 is ongeveer 50 nuwe damme, of water opgaargeriewe in Suid-Afrika gebou, maar die droogtegeteisterde Alertinia-streek moet maar aan die bitter aalwyn kou om 'n bietjie voggies te kry terwyl die soet water van die weste en die brak water van die ooste steeds ongetem met die Indiese oseaan kennis maak.
Die lesse geleer uit die verlede, is moontlik die oplossings vir die toekoms (Anoniem).
• Ander bronne: Wikipedia.
Die berig was aan Hessequa-munisipaliteit gestuur vir kommentaar, maar teen spertyd het ons niks ontvang nie.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'