HEIDELBERG NUUS - Heidelberg se sesde rolbal-kriekettoernooi is nou in volle swang.
Na vier weke se spel is daar vyf van die 14 spanne wat reeds drie wedstryde gewen het.
Hulle is Bowling Stones, Fireballs, Old Farts, Pepper Pirates en Rockers.
Met twee weke se spel oor kan sake verander en ander spanne kan dalk by die agterdeur inglip. Die eindstryd word op Donderdag, 19 November gespeel.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'