RIVERSDAL NUUS - Die voorlaaste dag voor een van die grootste geleenthede in die streek het aangebreek - die jaarlikse CANSA Relay for Life wat vanaf Saterdag 11 tot Sondag 12 November plaasvind.
Volgens die voorsitter, Elfrieda Pieterse is hulle slaggereed om vanjaar nóg groter en met 'n volgepakte program aan te bied.
Die amptelike opening is Saterdag om 18:00, daarom moet spanne heelwat vroeër hul stalletjies vir die geleentheid opslaan en voorberei.
Die verrigtinge duur tot 06:00 Sondagoggend.
Die hoogtepunt van dié byeenkoms is natuurlik wanneer die kerse in die luminariasakkies aangesteek word, ter nagedagtenis aan alle kankervegters wat hul stryd teen dié siekte verloor het, maar ook aan die kanker oorwinnaars en diegene wat steeds teen kanker veg.
Indien jy dus nog nie 'n span ingeskryf het nie, doen dit sommer vandag nog.
Dit gaan jou slegs R60 per spanlid uit die sak jaag, wat 'n luminariasakkie insluit.
Individue is ook welkom om in te skryf.
Indien jy nie wil deelneem nie, kan jy as 'n dagbesoeker gaan teen slegs R50.
Vir meer inligting kontak Elfrieda Pieterse by 072 374 8025 of epos haar by elfrieda.pieterse@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'