Wyksraadslid Annelene Hartnick het die verrigtinge bygewoon en as kiesbeampte opgetree. Hartnick het tydens haar kort toespraak die senior burgers aangemoedig om aktief by die klub se programme betrokke te wees om sodoende hulself fiks te hou en terselfdertyd die 'oumenskwale' af te weer.
Die bekende gemeenskapsvrywilliger, me. Marie Paige is as voorsitter verkies. Paige, wat alombekend is as ant Merle was die dorp se eerste vigsberader tot haar onlangse aftrede. Sy het die aanwesiges bedank vir hul vertroue in haar as voorsitter en hulle daaraan herinner dat sy 'n voorstaander van stiptelikheid is, met verwysing na die feit dat tyd skynbaar nie vir die lede van belang is nie.
"Ek spreek ook graag mense aan oor dissipline en verwag dat julle my ook moet aanspreek as ek nie na wense optree nie," het sy gevra.
Die ander bestuurslede is Naudé Michaels (onder-voorsitter), Lizzie Lotz (sekretaris), Riaan Oktober (hulpsekretaris), Margie Onverwag (kassier), Petro Kouter (koördineerder), Chastity Swartbooi, Sarah Kouter en Adam Onverwag (almal bykomende lede).

Die groep lede is tot die bestuur verkies. Van agter staan Adam Onverwag, Naudé Michaels, Chastity Swartbooi en Riaan Oktober. Voor sit Marie Paige, Lizzie Lotz, Sarah Kouter en Margie Onverwag.