RIVERSDAL Elke matrikulant van Hoërskool Langenhoven is op 21 Augustus aan 'n onderhoudsituasie met drie volwasse ondervraers blootgestel.
Elke leerder is as deel van 'n lewensoriënteringstaak, aan 'n onderhoudsituasie onderwerp.
Dit is immers iets waarmee elkeen eersdaags, wanneer hulle die skool verlaat, te doen gaan kry. Hierdie proses is 'n nuttige oefenlopie om hulle te skool in onderhoudvoering.
Sommige was redelik gemaklik met die proses, maar vir ander was dit 'n stresvolle situasie wat hulle so gou moontlik agter die rug wou kry.
Vir Hoërskool Langenhoven is dit belangrik om goedgebalanseerde, volwasse kinders die toekoms in te stuur en te weet dat hul grondslag reg gelê is.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'