RIVERSDAL NUUS - Die afgelope week is 19,4 mm reën in die Korentepoortdam in Riversdal se opvanggebied gemeet wat die damvlak met 2% na 93% opgestoot het.
Die Olive Grovedam het met 3% gestyg. Die ander damvlakke in die Hessequa-streek het konstant gebly.
Die jongste stand van damme oor die afgelope twee weke is as volg:
18 Julie
- Korentepoortdam - 91% - 5 mm reën (week)
- Duivenhoksdam - 100,20%
- Olive Grovedam - 52%
- Jongensfonteindam - 100%
25 Julie
- Korentepoortdam - 93% ná 19,4 mm reën (week) en 34 mm reën
- (afgelope maand)
- Duivenhoksdam - 100,1%
- Olive Grovedam - 55%
- Jongensfonteindam - 100%
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'