HEIDELBERG Keurig gedekte tafels en 'n verhogie met twee wagtende mikrofone en 'n kitaar was die inleiding tot 'n groot lekkerte.
Die damesoggend wat Donderdag 13 Februarie tydens Heidelberg-skou gehou is, was 'n hoogtepunt op plaaslike dames se kalender. Die Human Willemse-saal het met 'n opgewonde gekwetter soos van 'n duisend spreeus weerklink en seremoniemeester Hanlie Uys het al haar dae gehad om die aanwesiges se aandag te trek.
Na 'n string bedankings het die countrysanger Chereé met haar program begin.
Sy het liedjies wat vir haar persoonlike betekenis het, gesing en telkens vertel hoekom die spesifieke stuk vir haar belangrik is.
Haar man Wynand het ook later by haar op die verhoog aangesluit.
Tussenin is aan soet- en southappies gesmul. Organiseerder Maretha Wessels het ook 'n hele klompie gelukstrekkings gedoen en talle dames het met pragtige geskenke weggestap.
Die dames geniet Chereé se sang.
Organiseerder Maretha Wessels
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'