Update
HEIDELBERG NUUS - 'n 22-jarige vrou van dié dorp is deur konst. Edward Pieterse op Maandag 21 Mei gearresteer.
Die plaaslike polisie het op 'n leidraad van die gemeenskap gereageer en omstreeks 20:50 op 'n huis toegesak.
Konst. Pieterse is deur ses ander lede van die polisie bygestaan en het op 27 sakke vol suiwer dagga beslag gelê. Volgens Pieterse is die dagga binne 'n houtkas in 'n informele struktuur gevind. Die geskatte straatwaarde is R56 250.
Adjudant-offisier Alroy Windvogel het gesê: "Misbruik en gebruik van dwelms veroorsaak agteruitgang van die gemeenskap. Werkloses, kinders wat nie skool gaan nie en die jeug steel soms kosbare besittings van hul ouers en verkwansel dit om sodoende dwelms te kan bekostig. Daarom word daar 'n beroep op die gemeenskap gedoen om na vore te kom met inligting en dwelmhandelaars hok te slaan."
Die vrou het Dinsdag 22 Mei in die plaaslike hof verskyn. Sy is op borg van R300 vrygelaat.
Konst. Gurshwin Hartnick en konst. Edward Pieterse staan by die skaal waar die dagga geweeg is. Pieterse het ’n 22-jarige vrou in hegtenis geneem nadat dié dagga in haar besit gevind is.
Trotse lede van die plaaslike polisie en die 22,5 kg dagga waarop hulle beslag gelê het. Voor, van links is konst. Gurshwin Hartnick, sers. Daniel Moos, konst. Danielle Joseph en konst. Arthur Rowe. Agter: konst. Darryl Appel, Edward Pieterse en Johannes Paige.
Lees 'n vorige artikel: Leidraad lei tot arrestasie
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'