HEIDELBERG NUUS - Vic Brand, bekende inwoner van Heidelberg, kweek yslike tamaties.
Brand, wat voorheen bestuurder by die plaaslike koöperasie was, is al geruime tyd afgetree.
Hy is al die jare 'n ywerige tuinier wat deesdae met die hulp van sy twee helpers, Arend Philander en Johnnie Jacobs groente, vrugte en blomme kweek.
Hy het ook gereeld aan die jaarlikse grootpampoen-kompetisie deelgeneem.
Die afgelope 15 jaar spits hy hom op die verbouing van die Ponderosa-tamatie, ook bekend as die vleistamatie toe.
Van links: Arend Philander, Vic Brand en Johnnie Jacobs. Foto: Clive Pretorius, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'