Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Riversdal se gemeenskap en besoekers aan die dorp is opnuut van die gevare wat Covid-19 inhou, bewus gemaak.
Haemish Herwels, omgewingsgesondheidsbeampte van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit en twee kollegas, Bronwen Moolman en Heidi Cronjé het Saterdag, 14 November voor Riversdal SuperSpar inligtingstukke met betrekking tot die Covid-19-pandemie uitgedeel.
Hulle het ook die gemeenskap ingelig oor hoe om die verspreiding daarvan te voorkom.
Herwels het sy kommer uitgespreek omdat gemeenskappe op vlak 1 van die nasionale inperking nie meer aan Covid-19-regulasies voldoen nie. "Statistiek toon 'n toename in positiewe gevalle, omdat mense die regulasies ignoreer."
Kyk 'n video hieronder:
Hulle het persone wat sonder maskers rondloop en nie 'n veilige afstand hou nie, aangespreek.
Herwels het gesê mense moet bewus wees van die koronavirus se simptome en hulle vir die virus laat toets indien hulle simptome toon. Dit sluit in hoes, seer keel, kortasem, verlies aan reuk en smaak, koors, toe neus en spierpyn.
Die proses van selfisolasie is ook aan verbygangers verduidelik. Herwels het gesê dit is belangrik dat selfisolasie vir 10 dae moet plaasvind vanaf die eerste dag wat iemand simptome toon.
Vorige artikel: Distriksmunisipaliteit hou vol met Covid-19 bewusmaking
'Ons bring jou die nuutse Riversdal, Hessequa nuus'