Sommige inwoners van Heidelberg is bekommerd omdat dit vir hulle voorkom of die Covid-19 virus besig is om hier wortel te skiet.
Die afgelope week is die meeste positiewe gevalle vir die dorp geregistreer en is 'n dringende ontmoeting deur die plaaslike Covid-19 taakgroep met die polisie gereël.
Volgens Vennito van Niekerk, taakgroep koördineerder is hulle baie bekommerd oor die toedrag van sake sover dit die verspreiding van die virus betref. Hy noem dat dit baie opmerklik is dat daar nog baie mense is wat die virus nie as 'n werklikheid beskou nie. Na hul samesprekings met kapt Mervyn Zana, stasiebevelvoerder, het hulle besluit dat die polisie strenger teen enigiemand gaan optree wat die regulasies verbreek.
Ao Alroy Windvogel, plaaslike kommunikasiebeampte het ook sy kommer uitgespreek ten opsigte van die algehele argelose houding van inwoners teenoor die bekamping van die virus. Volgens hom sal hulle nie huiwer om (1) teen oortreders op te tree wat nie hul maskers dra nie, (2) diegene wat nie die aandklokreël tussen 21:00 en 04:00 nakom nie, (3) onwettige oor-en-weer kuiery, asook (4) onwettige handel in drank en sigarette.
• 'n Beroep word op ouers/pleegouers gedoen om toe te sien dat hul kinders nie sonder toesig van die WiFi-punte by die daghospitaal en De Waalville Primêr gebruik maak nie. "Kinders laai dikwels ontoepaslike materiaal by die punte af en hulle pas nie die sosiale afstand van 1,5 meter by die plekke toe nie," sê Windvogel.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'