HESSEQUA NUUS - Polisiëring tydens die Covid-19-inperking is nie gewone polisiewerk nie. Dit eis meer van polisielede.
Terwyl almal wat nie ’n noodsaaklike diens lewer nie tuisbly, is lede steeds aan diens om die inperkingsmaatreëls toe te pas.
Diegene wat onnodige op straat is, oortree immers die wet en word beboet sodat die boodskap dat almal se veiligheid op die spel is, kan deurdring. Buiten die boetes, is dit eintlik maar ’n opvoedingstaak om mense te leer van ’n veilige persoonlike ruimte en higiëne.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'