ALBERTINIA NUUSFLITS - Lauren Buchan was in ’n motorongeluk bykans 5 km buite Albertinia Woensdag 8 Augustus.
Haar twee honde waarvan Charlie, ’n baba hondjie een was, het saam met haar gereis.
Charlie het na die ongeluk weggehardloop. Van die boere wat op die toneel was het hom agternagesit, maar dit was tevergeefs.
Hy kon nêrens gevind word nie. Buchan het op Albertinia Nuus se Facebook-bladsy genoem dat sy na hom soek. Nolene Bouwer het dit gedeel en die voorsitter van Community Animal Rescue Society (CARS), Sandra Lotz het dit raak gesien en dadelik gehelp deur dit ook te deel en vir baie inwoners aan te stuur.
Charlie is daarna eindelik gevind en die held van die dag sal selfs ’n beloning ontvang.
Buchan het op Facebook die plaaslike polisie, nooddienste, lede van die gemeenskap en landbouers van die omgewing bedank.
Lees meer in die Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'