Gallery Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Community Animal Rescue Society (CARS) het Saterdag 14 Julie, ter viering van Mandeladag, inentings vir honde en katte in Kwanokuthula en Riverville gedoen.
Dr. Pierre de Bruyn, 'n veearts van Stilbaai, het homself beskikbaar gestel en die inentings gedoen.
"Dit is belangrik dat 'n hond ten minste drie keer per jaar ingeënt word," het hy gesê. Hy het die honde ook ondersoek om seker te maak dat hulle 100 persent gesond is. Hy het ook aan sommige eienaars verduidelik dat dit nodig is om hul honde te ontwurm.
Die kinders staan in ’n ry om hul hondjies in te skryf.
Kyk 'n video hieronder:
Charlin Jafta kyk hoe dr. Pierre de Bruyn met sy hond, Tubo besig is.
Foto’s: Diemiso Molebatsi
Lees 'n vorige artikel: Vroeë vieringe van Mandeladag
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'