Gallery Update Video
RIVERSDAL NUUS - Carmen Lombard dra vanjaar die skoukoningin kroon.
Sy is Vrydag 15 Februarie tydens die skoudans gekroon. Zelmaré Strydom is eerste prinses en Mirjam Breedt, tweede prinses.
Vanjaar se skoudanstema was Diamonds and Denim, met Rola Ford as hoofborg. Die saal het behoorlik geskitter.
Hoewel dit 'n warm aand was, het dit niemand van die dansbaan afgehou nie. Die orkes, Like Father Like Son, het almal se voete laat jeuk. Soos altyd is vroue eers genomineer en moes hulle 'n draai op die dansvloer met hul metgesel maak. 'n Heerlike driegangmaaltyd het almal beïndruk.
Lombard en haar prinsesse sal deur die loop van die skou verkeie verrigtinge bywoon.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel hier: Carmen as koningin gekroon
Die orkes, Like Father Like Son, het almal op die dansvloer gehou. Van links is Emile, Déhan en Gerhard Karg.
Marichalyn Viljoen en Jano Smit. Viljoen was een van die skoukoningin finaliste.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'