HESSEQUA NUUS - Altesaam 11 899 leerders het verlede week by skole in die Hessequa-streek ingeskryf.
Onder hulle was 1 162 graadeens en 995 graadagts, sê Mias du Plessis, kringbestuurder van Kring 1 van die Eden en Sentrale-Karoo onderwysdistrik van die Wes-Kaap onderwysdepartement.
Volgens hom is daar agt hoërskole, 12 laerskole, agt multigraadskole en drie privaatskole in die streek.
“Slegs vyf WKOD-skole in die streek hef skoolfondse, terwyl die res gratis onderrig ontvang,” sê hy. “Altesaam 21 skole is op die nasionale voedingsprogram en 6 062 leerders kry tans daagliks kos by die skool.”
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'