STILBAAI NUUS - ’n Hoeksteen in gemeenskapsveiligheid is aktiewe buurtwagte.
Dit is die mening van die hoof-koördineerder van buurtwagte in Stilbaai, Jongensfontein, Melkhoutfontein en omgewing, Pieter Lategan.
Lategan beskryf buurtwaglede as die oë en ore van die polisie.
Enigiemand kan by hul plaaslike buurtwag aansluit. Daar is geen vereistes waaraan eers voldoen moet word nie.
Buurtwaglede se rol is slegs om waar te neem en verdagte gebeure by die polisie aan te meld.
“Die doel van die Buurtwag is om die lewenskwaliteit van hierdie omgewing te behou, tot voordeel van alle inwoners,” noem Lategan.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'