RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike polisie stel die geleentheid oop vir inwoners van Kwanokuthula en Aalwyn Fleur woongebied om as buurtwaglede te werk om ook hul bydrae te lewer om die gemeenskap veilig te hou.
Indien daar persone is wat belangstel om betrokke te raak, kan hulle konst Mornay Hoffmann kontak by 082 522 2850.
Belangstellendes kan alternatiewelik na die plaaslike polisiestasie gaan vir aansoeke.
Indien konst Hoffmann nie beskikbaar is nie, kan sers Wynette Coetzee genader word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'