ALBERTINIA NUUS - Die drie meter hoë tamatieranke op die plaas Zout van de Aarde-boerdery, het die uitvoerende burgemeester Grant Riddles, letterlik verstom.
Riddles het die plaas op Dinsdag 30 Oktober vir die eerste keer besoek en hy was baie beïndruk om die bedrywighede te sien, veral 10 000 tamaties in een van die kweekhuise.
Die plaas het Maandag begin oes en die produkte word hoofsaaklik in Hessequa bemark.
Riddles meen dat die werkverskaffing aan 32 mense 'n besondere bydrae in die streek lewer. "Dit is verbasend dat daar so 'n groot besigheid op my voorstoep bedryf word waarvan ek niks geweet het nie."
10 000 tamaties in een van die kweekhuise.
Riddles het die plaas op Dinsdag 30 Oktober vir die eerste keer besoek.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'