RIVERSDAL NUUS - Die Eden Sporttoekennings wat op 27 Julie op die dorp plaasgevind het, was ‘n groot eer vir Hessequa Munisipaliteit wat as gasheer vir die funksie opgetree het.
Die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles het hande met dié organisasie gevat omdat sport baie belangrik vir hom is.
Tydens sy toespraak het Riddles benadruk dat sport ‘n belangrike rol speel om sosiale euwels binne gemeenskappe aan te spreek. Hy het Eden-sportraad geloof vir die rol wat hulle binne gemeenskappe speel en hul aangemoedig om soortgelyke programme na Hessequa te bring.
Na afloop van sy toespraak het hy ‘n tjek van R30 000 aan die sportraad namens die munisipaliteit oorhandig.
“Sport has the power to change the world. It has the power to inspire. It has the power to unite people in a way that little else can. Sport can awaken hope where there was previously only despair.” (Nelson Mandela)
ARTIKEL: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'