HESSEQUA NUUS - Na sy aanwysing Saterdag, 28 Augustus as die DA se burgemeesterskandidaat vir Hessequa vir die volgende plaaslike verkiesing, het burgemeester Grant Riddles, gesê dit sal vir hom en die ganse DA-span 'n voorreg wees om die gemeenskap te dien vir nog ‘n termyn.
"Sien u by die stembus," het Riddles, wat op 24 Oktober, net drie dae voor die verkiesingsdatum, sy 40ste verjaarsdag vier, gesê.
Die verkiesingsdatum hang egter in die weegskaal aangesien verskeie politieke partye, sowel as die Onafhanklike Verkiesingskommissie, wil hê dat dit eers volgende jaar in Februarie gehou word. Die DA dring egter daarop aan dat die verkiesing op 27 Oktober voortgaan.
Riddles is in 2016 as Hessequa-burgemeester verkies nadat hy sedert 2006 by die munisipaliteit se departement van finansies gewerk het.
Hy is op 24 Oktober 1981 op Riversdal gebore en het in Melkhoutfontein, 7km van Stilbaai, grootgeword.
Riddles woon steeds in Stilbaai.
Sy persoonlike leuse is: “Bly positief en glo in jouself sodat jy vooruitgang kan maak.”
Burgemeester Riddles vier op 24 Oktober sy 40ste verjaarsdag.
Lees die volledige berig oor Riddles en die ander DA-distrikskandidate Vrydag in Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'