RIVERSDAL NUUS - Die Hoër Landbouskool Oakdale se 16 leerders wat vanjaar aan die Ratem Eisteddfod deelgeneem het, het hul kultuurvaardighede op besondere wyse ten toon gestel en uitgeleef.
Die skoolkoor het individueel opgetree en goud verwerf, waarna hulle ook saam met die koor van Hoërskool Langenhoven opgetree het.
Dit was veral in die voordrag, musiek en skryfkuns hulle goed presteer het.
Van die 11 leerders wat vir skryfkuns ingeskryf het, behaal vier silwer, drie goud en vier goud+ sertifikate.
Sybrand R van Dyk behaal goud+ met sy kunswerk, Rudolph van Dyk behaal goud met sy klassieke kitaarsolo, terwyl Jan-Hendrik Saayman goud+ in solosang verwerf.
Tihan Joubert het ook goud+ in voordrag behaal.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'