Video
RIVERSDAL NUUSFLITS EN VIDEO - ’n Sprankelende tiener van dié dorp, Marlé van Wyk, het op die ouderdom van 17 minder as 10% sig in albei haar oë.
Sy en haar jonger suster is met Stargardt se siekte gediagnoseer.
’n Groot deurbraak is gemaak nadat haar pa van die eSight-bril gehoor het.
Marlé het vertel: “Dit is baie moeilik om vir iemand te probeer verduidelik hoe ek sien. Ek kyk heeltyd in ’n kol vas wat soos ’n sterretjie flikker en beweeg.”
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'